Melk SA se verslag oor volhoubaarheid in die suiwelbedryf word elke ses maande opgedateer. Dié verslag fokus veral op vier aspekte. Die man aan die stuur van dié verslag, dr Heinz Meissner, kuier Donderdag in die RSG Landbou-ateljee om ons meer hiervan te vertel.
Planttyd in die somereënvalgebiede is om die draai, maar hoe lyk vooruitsigte vir reën? Johan van den Berg beantwoord soos altyd hierdie vraag.
Daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is en ons kan ook hoor of vleispryse steeds onder druk is.
Ons sluit die program af met lekker veilingsnuus. Kobus du Toit van Vlakte Bonsmara brei uit oor wat kopers by hul 14de bulveiling kan verwag.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.