Kelp word deesdae as ‘n biostimulant in landbou gebruik om gewasproduktiwiteit te bevorder. RSG Landbou het meer hieroor gaan uitvind by Adriaan Boersma van Introlab in Woensdag se aflewering van die program.
‘n Swak dier en ‘n goeie dier eet ewe veel en die koste om dié diere aan te hou is dus dieselfde, so jy moet die regte besluite neem. Dis die woorde van Lukas Burger, kampioenboerbokteler van Griekwastad. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hoe hy sy boerdery benader.
Die Milagro-produksieveiling is om die draai en Andrew Masterson vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat kopers by dié veiling kan verwag.
Luister nou na hierdie onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.