HomePodcastsRSG Landbou: 12 Maart 2024 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 12 Maart 2024 – geborg deur BKB

Die voerkraalbedryf kom onder bespreking. Karel van der Leeuw van die Potchefstroom-distrik vertel ons van sy sukses met twee voerkrale en dr Johnny van der Merwe van AMT gesels oor korttermyn-vooruitsigte vir dié bedryf.

Ons gesels ook met Petrie Maré van House of Fibre oor die sukses van die afgelope seisoen se Angora-ramveilings waar 469 ramme tydens sewe veilings verkoop is.

Heinrich Victor is ook op sy pos met die jongste wolveilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Landbou-innovasie en gemeenskapsgees: ‘n Blik op die Upington-landbouskou

Estimated reading time: 2 minutes Die Upington-landbouskou het vanjaar weer 'n skatkis van verrassings en landbou-aktiwiteite gebied. Besoekers kon deelneem aan 'n verskeidenheid geleenthede,...