RSG Landbou: 12 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Die ALS Groep is in 2022 aangewys as die SA Landbouskrywers Boer van die Jaar. Christal-Lize Muller het meer oor hulle diverse besigheid gaan uitvind. Sy gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou met die uitvoerende hoof, Johan Janse van Rensburg.

‘n Suksesvolle skaapboer is dié een wat verantwoordelikheid neem vir sy eie besluite en nie wag dat ander met ‘n oplossing kom vir probleme wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf in die gesig staar nie. Dit was Isak Staats van BKB se boodskap tydens die Philipstown Interskou. Koos du Pisanie, RSG Landbou-medewerker, het hom hieroor uitgevra.

RSG Landbou-luisteraars kan weer naderskuif vir lekker veilingsnuus. Wesley Green gesels oor die Greendale Brangus-produksieveiling en wat kopers te wagte kan wees.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:50, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories