Friday, October 9, 2026
Home Podcasts RSG Landbou: 12 Januarie 2026 – geborg deur BKB

RSG Landbou: 12 Januarie 2026 – geborg deur BKB

80

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor Agri Skills Transfer se opedag wat op 17 Januarie plaasvind en ons hoor wat die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium se rol in die groter graanwaardeketting is.

Agri Skills Transfer opedag

Het jy geweet daar is ‘n groeiende belangstelling in landbouloopbane, veral onder jongmense in Suid-Afrika. Ons praat in vanoggend se RSG Landbou met Shaun Welmans van Agri Skills Transfer. Hulle bied op 17 Januarie ‘n opedag buite Pretoria aan.

SAGL se rol in die groter graanwaardeketting

Dan kuier ons by die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium en vind uit wat hulle rol in die groter graanwaardeketting is. Moenie ons gesprek met Wiana Louw misloop nie, want sy tree vanjaar af as hoof van dié instansie na ‘n luisterryke loopbaan.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

error: Content is protected!