Wednesday, September 11, 2024
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 12 Januarie 2023 - geborg deur Lindsay Africa

RSG Landbou: 12 Januarie 2023 – geborg deur Lindsay Africa

In Suid-Afrika is die tuismeng van veevoer ‘n algemene praktyk, maar is die kool die sous werd? Alheit du Toit van Feedtek kyk na die voor-en nadele van dié praktyk in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Somergraanaanplantings kom ook onder bespreking. Petru Fourie van Graan SA vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word die week aan jou gebring deur Lindsay Africa. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Advancing irrigation since 1955
Started as a humble farm equipment business in Nebraska, USA, Lindsay has become a global force of innovation today. Our family of irrigation brands are dedicated to bringing new ideas to the field and providing top-of-the-line solutions that support every grower and every field. We aren’t just creating irrigation systems; we’re innovating solutions that help growers thrive.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 9 September 2024 – geborg deur BKB

Die provinsiale regering in die Noord-Kaap het in 2019 ‘n ontwikkelingsplan bekendgestel. Agri Noord-Kaap is tans by 23 projekte betrokke en Dirk Krapohl het...