HomePodcastsRSG Landbou: 12 Februarie 2024 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 12 Februarie 2024 – geborg deur BKB

Die internasionale wolmark het tot Januarie sterk momentum getoon, maar tans lyk die prentjie anders. Leon du Plessis van BKB verskaf die redes hiervoor.

Dan is sewe plaaswerkers van die Noord-Kaap op 3 Januarie deur weerlig getref terwyl hul aan diens was. Wat staan ‘n plaaseienaar te doen en wat sê die wet? Stephen Pietersen van Work Accident Support gee raad.

Ons deel ook besonderhede oor ‘n paar veilings wat die res van hierdie maand aangebied word.

Daar is soos altyd ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Red meat: Collaboration is the key to success

Estimated reading time: 8 minutes During the 30th Conference and Congress of the Red Meat Abattoir Association (RMAA), a variety of topics were on...