HomePodcastsRSG Landbou: 12 Desember 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 12 Desember 2023 – geborg deur Plaas Media

Gerrit van Zyl van Hanzyl Bonsmaras in die Dewetsdorp-omgewing was vanjaar een van die finaliste van die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek. Hy boer sedert 1996 deeltyds met Bonsmaras en Izak Hofmeyr vind uit hoe hy klimaatslim-boerderypraktyke toepas in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Hoe word klas A, B of C van vleis bepaal? Johan Odendaal, ‘n onafhanklike vleisbeeskonsultant, verduidelik hoe die vleisklassifikasiestelsel, wat deur abattoirs in Suid-Afrika gebruik word, werk.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Weeklikse weer met Johan van den Berg

Estimated reading time: 4 minutes Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou....