In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor Brahman SA se vleisgehalte-navorsingsprojek en aalwurms by subtropiese gewasse.
Brahman SA hou veiling
Die Brahman SA-beestelersgenootskap se vleisgehalte-navorsingsprojek is ‘n paar jaar gelede geloods. Die bevindinge toon reeds dat die vleis van suiwer Brahmankarkasse wat uit geregistreerde ouers geteel is, genoegsame variasie het om seleksie vir goeie gehalte vleis moontlik te maak. Sytze Smit praat met ons hieroor en hy vertel wat ons van hulle nasionale veiling op 5 September buite Potchefstroom kan verwag.
Aalwurms by subtropiese gewasse
Het jy geweet aalwurms is ‘n groot probleem by subtropiese gewasse en veral koejawels, piesangs, lietsjies en granadillas. Ons het dr Mieke Daneel van die Landbounavorsingraad uitgevra oor die doeltreffende bestuur van aalwurms.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.