Wednesday, February 21, 2024

RSG Landbou: 12 April 2023 – geborg deur AECI Plant Health

Suid-Afrika het 26 goue medaljes by die 2023 Concours Mondial du Sauvignon Blanc-kompetisie gewen. Dit is die eerste keer dat dié geleentheid in Suid-Afrika en buite die Europese grense aangebied is. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met RJ Botha van Sauvignon Blanc SA en twee van die uitblinkers, Darling Kelders en Villiera Wines.

Dan verduidelik Deidré Odendaal van AECI Plant Health vir RSG Landbou-luisteraars wat behels die biologiese bestuur van peste en siektes en hoe hulle die uitdaging van die EU se Green Deal bestuur.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is AECI Plant Health?

AECI Plant Health is a South African company within the AECI Group of Companies serving the agricultural sector with pride. AECI Plant Health has been an ally to farmers in Africa for many years, and with the move towards sustainable agriculture, AECI Plant Health with its NuWay® programme, and its extensive range of products and services, aims to work with farmers to preserve our natural resources, restore soil biology and address the need for producing nutritious food. Agriculture worldwide is under pressure to reduce pesticide and fertilizer usage whilst increasing crop yields to feed a growing world population. There is now a move away from the total reliance on traditional chemicals and synthetic fertilizers towards a more responsible and sustainable approach of cultivating crops that protects the environment and its precious resources. Our approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories