RSG Landbou: 11 Oktober 2022 – geborg deur BKB

BKB se prestasie vir die finansiële jaar was beter as verwag, ten spyte van uitdagings rondom Covid-19, biosekuriteit en uitvoerlogistiek. Johan Stumpf verskaf die redes hiervoor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Daar is goeie nuus vir die wolbedryf – wolveilings vind weer weekliks plaas. Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.

Dis daardie tyd van die jaar wanneer bosluise weer kopsere vir veeprodusente kan veroorsaak. Dr Johan Stadler van Antrovet gesels meer spesifiek oor die bloubosluis en gee raad oor die strategiese beheer van dié parasiet.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories