Die risiko-landskap word groter in Suid-Afrika. Die impak van Covid, vloede, onluste en uitdagings met krag en infrastruktuur, lei tot verhoogte versekeringskostes, selfs vir landbou. Andries Wiese van Hollard brei uit hieroor in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.
Dan is oorry-hope ‘n vorm van kuilvoerstoring en Richardt Venter van AgSci Unlimited kyk na die voor- en nadele daarvan.
Daarna kan RSG Landbou-luisteraars uitvind wat die gewildste bessie onder verbruikers is.
RSG Landbou-verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, gesels met Junior Ludwig oor vanjaar se Griekwastad-skou.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.