RSG Landbou: 11 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Die Veeartsverpleegstervereniging van Suid-Afrika het ‘n splinternuwe baadjie aangetrek en sr Reinette Ludike gesels met ons hieroor in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan het Petrie Botha sy lewe in die Boland vir die Karoo verruil. RSG Landbou-luisteraars vind uit watter aanpassings hul moes maak om te oorleef.

Verder kan lede van die veevoervervaardigersbedryf uitsien na die AFMA Forum in September. Chantelle Fryer vertel ons wat vanjaar op die spyskaart is.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Leon du Toit vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat hulle te wagte kan wees by Alzu Beefmasters se 15de produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:50, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories