Mastitis is een van die algemeenste en duurste siektes onder plaaslike melkkuddes. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gee Jompie Burger van die Suiwelstandaardagentskap perspektief op die ekonomiese impak wat dié siekte op produsente het.
Verder gesels Kim Delport van die LNR Kleingraan met RSG Landbou-luisteraars oor die belangrikheid van koringteling.
Dr Frikkie Maré gesels op RSG Landbou oor die Januarie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com.
Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.
Luister nou na dié onderhoude.