Wednesday, September 11, 2024
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 11 Januarie 2023 - geborg deur Lindsay Africa

RSG Landbou: 11 Januarie 2023 – geborg deur Lindsay Africa

Spilpunttegnologie kom weer onder die vergrootglas met Lindsay Africa in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Waterbesparing en die bekostigbaarheid van toerusting word bespreek, asook die voor-en nadele. Tegnologiese vordering beteken dat spilpunte water nou slimmer kan gebruik. Gerrie Wiese verduidelik watter voordele dié tegnologie vir produsente inhou. Daarna gee Theunis Volschenk raad oor die aankoop van ‘n spilpunt.

Plaaslike makadamiaproduksie kan deesdae meer akkuraat bepaal word danksy ‘n projek deur Makadamia Suid-Afrika, in samewerking met Australië. Dr Elrea Strydom vertel RSG Landbou-luisteraars meer hiervan.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike analis, gee terugvoer oor die mielieprys en ander kommoditeitsmarkte.

Prof Frikkie Maré gesels dan oor die Januarie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941. 

Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word die week aan jou gebring deur Lindsay Africa. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Advancing irrigation since 1955
Started as a humble farm equipment business in Nebraska, USA, Lindsay has become a global force of innovation today. Our family of irrigation brands are dedicated to bringing new ideas to the field and providing top-of-the-line solutions that support every grower and every field. We aren’t just creating irrigation systems; we’re innovating solutions that help growers thrive.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 9 September 2024 – geborg deur BKB

Die provinsiale regering in die Noord-Kaap het in 2019 ‘n ontwikkelingsplan bekendgestel. Agri Noord-Kaap is tans by 23 projekte betrokke en Dirk Krapohl het...