Alle produsente wat melk aan Wes-Kaapse uitvoermelkverwerkers verskaf, is nou onderworpe aan dieselfde maatreëls as plase wat onder bek-en-klouseer-kwarantyn geplaas is. Jompie Burger vertel ons meer.
Dan het South Africa Wine, wat die Suid-Afrikaanse wynbedryf verteenwoordig, ‘n omvattende reaksie by die Nasionale Tesourie ingedien oor voorgestelde veranderinge aan wynaksynsbelasting. Ons gesels met Rico Basson.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

