Die rooivleisprodusent moet leer om by die omgewing aan te pas. Dit is die boodskap van James Faber van die Rooivleisprodusente-organisasie. RSG Landbou het met hom tydens gesels dié organisasie se jaarlikse konferensie gesels.
Dr Jacques van Zyl van die Wes-Kaapse Departement van Landbou gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die bewaringsboerderypraktyke vir aartappelproduksie in die Sandveld.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse, wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Johan van den Berg is terug op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou impakteer.
Vir talle boere is veilings hulle brood en botter. Ons hoor watter veilings en genetika die komende week aangebied word. Eerste aan die woord is James Prinsloo. Hy brei uit oor die Jamica Brahman & Simbra stoet se 9de produksieveiling. Wiep Joubert van Bonsmara Genepoel sluit die program af met wat kopers te wagte kan wees by hulle produksieveiling.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.