In Donderdag se aflewering van RSG Landbou praat ons turksvye.

Volgens dr Herman Fouché van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat, word die waarde van turksvye onderskat. Koos du Pisanie het tydens ’n turksvy-inligtingsdag op Hopetown met hom gesels.

Dr Stoffel du Toit, mediese dokter en deeltydse boer, bewerk en benut al vir jare turksvye as voer vir sy skape en ons hoor ook wat hy hieroor te sê het.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy gesels hierdie keer oor die sojaboonprys.

Soos altyd is Chris Dersken op sy pos met nuus oor vleispryse, en Johan van den Berg vertel ons hoe weersake staan.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.





Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.