In Woensdag se aflewering van RSG Landbou, kuier ons saam met Carin Venter by Julian Theron in die Karoo. Hy boer met Merino-skape en trofee-springbokke in die Richmond-distrik. Hy vertel ons van sy familie wat sedert die laat 1940’s daar boer. Luister nou na hierdie onderhoud.

‘n Erelid van Merino SA, Garth Cloete, gesels op RSG Landbou oor sy liefde vir dié skaapras en verduidelik wat hy as gehalte wol beskou. Luister nou na hierdie onderhoud.

Lamus Bonsmara hou binnekort hul produksieveiling. Lise Roberts gesels met Christopher Melamu oor wat kopers te wagte kan wees. Luister nou na hierdie onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.