Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het nuwe toetreders tot landbou en landbouverwerking die geleentheid gebied om hul produkte by die SA Kaasfees ten toon te stel. Darryl Jacobs gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou oor dié inisiatief.
Daarna is Mike van den Berg van BKB aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars watter rol die adviseur in die lewe van die wol-en bokhaarprodusent speel.
RSG Landbou maak weer ‘n draai by die SA Kaasfees. Dié keer vind ons uit hoe haloumi-kaas gemaak word.
Francois Knowles van Landbouprodukte-agenteraad (APAC) brei uit oor die Mededingingskommissie se varsproduktebemarkingsondersoek.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.