Hannes Swart van die Potchefstroom-omgewing is passievol oor sy lusernboedery. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou verduidelik hy waarom, en gesels ook oor die benadering wat hy volg.
Jano Bezuidenhout van Aartappels SA bring RSG Landbou-luisteraars daarna op hoogte met die stand van die aartappelmark.
Soos oudergewoonte op RSG Landbou, gesels ons ook oor die weer en vleispryse. Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou affekteer.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na hierdie onderhoude.
Luister hier na vorige uitsendings.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.