Vanoggend in RSG Landbou gesels Lise oor boerdery as ‘n besigheid en Heinrich Victor deel met ons die wolmarkverslag.
Boer-besigheid
Die boer op die plaas is deesdae ‘n besigheidsman en daarom moet adviseurs tegnologies baie beter opgelei wees om te verseker dat hul waarde toevoeg. So sê Pierre Vlok van BKB, wat ná meer as 30 jaar by dié groep aftree. Ons gesels met hom oor sy loopbaan.
Die Braford is in 1997 amptelik as ‘n Suid-Afrikaanse beesras erken. Johan de Jager van die SA Braford-beestelergenootskap vertel van die ontstaan van dié ras in Suid-Afrika en hoe sy gewildheid toeneem. Hulle bied ook op 14 Junie hul nasionale veiling op Parys aan.
Dié week se wolmarkverslag
Dan is Heinrich Victor oudergewoonte terug met ons weeklikse wolmarkverslag.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

