RSG Landbou: 10 Junie 2024 – geborg deur BKB

Kobus Pieters, ‘n makadamiakweker, -verwerker en -uitvoerder van Hazyview is aangewys as Mpumalanga Landbou se Jongboer van die Jaar. Die besigheid, Big 5 Mac, het in 2012 met 13 hektaar begin en vandag produseer hulle op 130 hektaar. Ons gesels met Kobus oor dié boerderybesigheid.

Pierre Vlok van BKB is nou al 40 jaar deel van die Suid-Afrikaanse wolbedryf en meer spesifiek die Merino-skaapras. Hy praat onder meer oor die belangrikheid van standaarde, die ontwikkeling van die ras en die belang van ‘n voetspoor wat die produsent moet nalaat.

Boshoff Bonsmaras bied ‘n produksieveiling aan wat op 26 Junie plaasvind. Ons gesels met Barry Hertzog, kuddebestuurder by Boshoff Bonsmaras.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...

Pak die lente- en groenweidingsuitdagings trompop

Estimated reading time: 4 minutes Die lenteseisoen in Suid-Afrika se somerreënvalgebiede kan om verskeie redes...

Unlocking production potential, one step at a time

Estimated reading time: 8 minutes Unlocking the full production potential of the livestock industry –...