Monday, December 15, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 10 Julie 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 10 Julie 2025 – geborg deur BKB

Vanoggend in RSG Landbou gesels Lise Roberts met borge van Plaas Media se Santam Landbou Nasionale Kuilvoerkompetisie asook die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeursprojek. Dan hoor ons ook meer oor ‘n Boschoek Bonsmara-veiling.

Kuilvoer en Klimaatslim

Die ontleding van kuilvoermonsters om optimale voeding vir vee te verseker, is ‘n noukeurige wetenskaplike proses. Labworld se dr Elrisa Taljaard gesels met ons hieroor.

Hoe help entstowwe ‘n veeprodusent om klimaatslim te boer? Dis een van die vrae wat dr Natanya Smit van Zoëtis beantwoord. Hulle is jaarliks by die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeursprojek betrokke.

Boschoek Bonsmara-veiling

Dan vertel André van der Heyde van Boschoek Bonsmara watter diere op aanbod is vir hul veiling op 18 Julie by Vleissentraal in Bela-Bela.

Weersake

Daar is ook weernuus met Johan van den Berg.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Domestic pork industry carcass price statistics – Week 49 of 2025

The weekly pork carcass prices are brought to you by the South African Pork Producer's Organisation (SAPPO). Click here for this week's report. How are these...

LandbouRadio: 12 Desember 2025