RSG Landbou: 10 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Die oudste Brangus-stoetery is in 1963 in KwaZulu-Natal gestig. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Kinnear Geldenhuys van Brangus SA oor onder andere die goeie moedereienskappe van dié ras en hul nasionale veiling op 9 Augustus in Parys.

Die impak van beurtkrag op landbou begin reeds by ‘n huishouding, sê Nicol Jansen. Hy praat in sy hoedanigheid as vise-president van Agri SA oor die impak van die kragkrisis en hoe georganiseerde landbou voortdurend oplossings soek vir dié probleem.

Martiens de Jager van Gulland Simmentalers gesels met RSG Landbou-luisteraars oor hul 15de produksieveiling wat op 13 Julie plaasvind.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:50, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories