RSG Landbou: 10 Januarie 2024 – geborg deur BKB

Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa gesels oor tegnologiese vooruitgang in spilpuntstelsels en hoe produsente met groot sukses dié tegnologie aanneem in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Volgens Nedbank is biosekuriteit in Suid-Afrika die perfekte storm en Daneel Rossouw brei hieroor uit.

Die somerseisoen vir veilings is hier en in RSG Landbou berig ons gereeld oor veilings. Wat is die waarde van so ‘n veiling vir die produsent? Dieter Schutte van BKB beantwoord hierdie vraag.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories