Watter rol speel voedseletikette in Suid-Afrika en het dit enigsins ‘n invloed op die verbruiker se voedselkeuses? Melvi Todd van die Universiteit Stellenbosch het navorsing hieroor gedoen, en sy deel ’n paar bevindinge in Maandag se aflewering met RSG Landbou-luisteraars.

Dis brandseisoen in die winterreënvalstreke en Hans-Jurie Moolman van Moolman & Pienaar Ingelyf gesels op RSG Landbou oor die grondeienaar se regsaanspreeklikheid.

Henk van de Graaf van TLU SA sluit dié aflewering van RSG Landbou af. Hy praat oor die styging in insetkostes en watter impak dit op produsente en verbruikers het.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou meer oor wat lesers te wagte kan wees in die Januarie-uitgawe van Stockfarm, wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

Luister 11 Januarie se RSG Landbou.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.