Tuesday, December 16, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 10 Februarie 2025 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 10 Februarie 2025 – geborg deur BKB

-

Dit gaan nie goed met kleingraanprodusente in die Swartland nie. Dit het duidelik na vore gekom tydens Graan SA se eerste jaarvergadering in die Wes-Kaap wat onlangs op Moorreesburg gehou is. RSG Landbou het daar met Derek Mathews gesels. Hy brei ook uit oor tariewe, die liggingsdifferensiaal en vrystellingsnorme vir nuwe koringkultivars.

Verder vertel Pieter van Wyk van die Riversdal Landbougenootskap waarna kan ons uitsien by vanjaar se Riversdal Skou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Chubby Chick: Verdagte aangekla vir dubbele moord

Estimated reading time: 3 minutes Die 73-jarige verdagte, wat verbind word met die Chubby Chick-skietvoorval vroeg in November, is steeds onder polisiebewaking in ’n hospitaal...