RSG Landbou: 10 Augustus 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die tweede Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap, Louma Boerdery se veiling en ons ontvang die nuuste landbounuus.

Tweede SA Preserveerkampioenskap

Die eerste nasionale Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskap wat in 2025 deur Agri-Expo aangebied is, het 456 inskrywings van 66 vervaardigers gelok. Vanjaar se aflewering het ‘n rekord 700 inskrywings van 85 vervaardigers ontvang. Die beoordeling het onlangs in Durbanville plaasgevind en ons gesels met hoofbeoordelaar, Susina Jooste.

Louma Boerdery hou veiling

Louma Boerdery en Nedibest Brahman se derde Brahman-bulveiling vind op 20 Augustus in die Thabazimbi-omgewing plaas, en Lourens du Plessis gesels oor die aanbod.

Landbounuus

Dis Maandag en natuurlik weer tyd vir ons weeklikse landbounuus, so moet dit nie misloop nie.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Vaaltyn van die Noordweste

Estimated reading time: 6 minutesDie donkie is ’n dier wat gehelp het om die...

Stockfarm September 2026 hits the shelves

In the September 2026 edition of Stockfarm, we unpack the challenges that South Africa’s...

Oilseeds Focus September 2026

The September 2026 issue of Oilseeds Focus delivers essential insights into identifying tricky stem...

Veeplaas September 2026

Estimated reading time: 3 minutesIn die September-uitgawe van Veeplaas takel ons die belangrikste kwessies...