Saturday, April 1, 2023

RSG Landbou: 10 Augustus 2022 – geborg deur BKB

KragDag fokus op energie- en ander selfstandigheidsoplossings, en word net buite Pretoria aangebied. Soné Saunders, Kragdag-organiseerder, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat hulle dié jaar beplan in Woensdag se aflewering van die program.

Daarna is Corné Botha aan die woord. Hy brei uit oor wat besoekers dié jaar by die George Landbouskou kan verwag.

Afrivet het verlede week ‘n tegniese konferensie aangebied waar veral op heersende veesiektes gefokus is. Die hooffokus was navorsing, beide plaaslik en internasionaal, oor die beheer en behandeling van dié siektes. RSG Landbou gee terugvoer oor die geleentheid.

Ons sluit die program met veilingsnuus af. Daan Viljoen van Gelibar Bonsmaras brei uit oor hulle eerste produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories