‘n Spuitprogram, gerugsteun deur doeltreffende toerusting, is een van die belangrikste pilare om ‘n opbrengs van hoogstaande gehalte te verseker. Johan Janse van Rensburg van Oro Agri Suid-Afrika, verduidelik hierdie konsep aan RSG Landbou-luisteraars in Donderdag se aflewering van die program.
Die Agri Noord-Kaap Jongboer van die Jaar is op Donderdag 25 Augustus, tydens dié organisasie se kongres bekendgemaak. Medewerker, Koos du Pisanie, gesels met Dewald Dempers oor sy toekenning.
Johan van den Berg is terug op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande, en hoe dit landbou beïnvloed.
Prof Frikkie Maré gesels dan oor die September-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.
Ons sluit die program af met lekker veilingsnuus. Pieter van Rooyen brei uit oor wat kopers te wagte kan wees by die Oorlogspoort Prestige Merino-veiling wat binnekort plaasvind. Daarna is Paseka Pienaar aan die woord oor die Nosa Bonsmara-produksieveiling.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Oro Agri
Who is Oro Agri?
Since 2002, Oro Agri’s approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques Oro Agri provides, simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.