RSG Landbou: 1 Oktober 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk se BEK-entstof veldmoniteringsprogram en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

BEK-entstof veldmoniteringsprogram

Die bekende kuddeveearts, dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk, werk nou saam met veeartse, boere en produsente-organisasies om die veilige gebruik van bek-en-klouseer entstof in kommersiële melk- en vleisbeeskuddes te evalueer. Voerkrale en selfs kommunale kuddes is by die gestruktureerde veldmoniteringsprogram. Hy gee vir ons terugvoer oor hulle waarnemings.

Nuutste vleispryse en weervooruitsigte

Ons hoor ook wat Chris Derksen oor hierdie week se vleispryse te sê het en Johan van den Berg gesels weersake.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must read

LandbouRadio: 9 Oktober 2026

Hierdie week se LandbouRadio word met trots aan jou gebring deur BKB, die betroubare tuiste van landbou.In Vrydag, 9 Oktober se LandbouRadio, kan jy...

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld wat sy mense slyp. Die mense wat hier gebore en...

Excellence and achievement take centre stage at LRF gala

Estimated reading time: 8 minutesExcellence in breeding, genetic progress, and outstanding service to the livestock industry. These were the attributes that took centre stage...

Stockman School 2026: Breeding better beef, from DNA to dinner plate

The second session on day two of the 2026 LRF Stockman School kicked off with a presentation on breeding better beef. Charné Claassen, division...

Foetal programming to BREEDPLAN: A jampacked second day at Stockman School

The second day of the Livestock Registering Federation’s (LRF) Stockman School at Aldam in the Free State kicked off with a session sponsored by...