In vanoggend se RSG Landbou praat ons met van die wenners van SAMIC se nasionale karkaskompetisie en daar is ‘n gesprek oor die groeipotensiaal vir plaaslike sojaboonproduksie.
Die wenners en visie agter SAMIC se nasionale karkaskompetisie
Samic, oftewel die South African Meat Industry Company, het vanjaar oudergewoonte eer gebring aan kommersiële en opkomende bees-, lam-, vark- en Boerbokprodusente tydens die prysuitdeling van hul nasionale karkaskompetisie. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels en die uitvoerende direkteur, Tom Westphal, uitgevra oor Samic se visie.
Toekoms van plaaslike sojaboonproduksie
Met hoeveel kan sojaboonproduksie in Suid-Afrika nog groei? Prof Ferdi Meyer het hierdie vraag tydens SACOTA se onlangse jaarvergadering beantwoord.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

