Sunday, December 4, 2022

RSG Landbou: 1 November 2022 – geborg deur AECI Plant Health

Daar bestaan ‘n enkele wêreldwye stelsel vir die klassifikasie en kommunikasie van die gevaarlike eienskappe van industriële en verbruikerschemikalieë, naamlik die GHS-klassifikasiestelsel. Gavin Smit van AECI Plant Health, verduidelik wat die voordele hiervan is vir landbou in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Die wenner van die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek, James Faber, het onlangs ‘n boeredag op sy plaas in Barkley-Wes aangebied en hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor sy klimaatslim-boerderypraktyke. Ons het ook by die beoordelaar, dr Louis du Pisani, gaan uitvind watter tekens toon dat klimaatsverandering wel ‘n impak op landbou het.

Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur AECI Plant Health. Besoek gerus hulle webwerf hier.

Who is AECI Plant Health?

AECI Plant Health is a South African company within the AECI Group of Companies serving the agricultural sector with pride. AECI Plant Health has been an ally to farmers in Africa for many years, and with the move towards sustainable agriculture, AECI Plant Health with its NuWay® programme, and its extensive range of products and services, aims to work with farmers to preserve our natural resources, restore soil biology and address the need for producing nutritious food. Agriculture worldwide is under pressure to reduce pesticide and fertilizer usage whilst increasing crop yields to feed a growing world population. There is now a move away from the total reliance on traditional chemicals and synthetic fertilizers towards a more responsible and sustainable approach of cultivating crops that protects the environment and its precious resources. Our approach is to work hand in hand with the farmer to systematically address each point of influence in the growing of crops in a sustainable and responsible manner. Many of the tools and techniques simply unlock nature’s potential and the genetic potential of the crop.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories