Nampo vier sy 55ste skoujaar. Innoverende landbou is vanjaar se tema en besoekers kan uitsien na ‘n nuwe toep wat as ‘n roetekaart gebruik kan word. Daar is ook iets nuuts waarna jagentoesiaste kan uitsien. Dr Dirk Strydom van Graan SA gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor in Maandag se aflewering van die program.
Daarna is Pikkie Rossouw, ‘n Dorperboer van die Lutzville-omgewing, aan die woord. Hy gesels op RSG Landbou oor rasstandaarde wat hy jare gelede vir dié skaapras ontwikkel het.
Dan is daar, soos altyd op Maandae, ook nuus oor veilings.
Paul Maré, lid van die QualiTrio-groep brei uit oor wat kopers by die QualiTrio Bonsmaras-produksieveiling op 11 Mei kan verwag.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.