Die Melkprodusente-organisasie het strategies en struktureel heelwat veranderinge aangebring en Fanie Ferreira kuier Dinsdag in die RSG Landbou-ateljee om daaroor uit te brei.

Hael is ‘n vloekwoord in die Langkloof – so sê WS Meyer, ‘n kern-en steenvrugprodusent naby Uniondale. RSG Landbou se medewerker, Carin Venter, gesels met hom oor hul boerdery en die vele uitdagings.

Dan het wolveilings wel verlede week plaasgevind, ten spyte van uitdagings met uitvoere en Heinrich Victor bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die jongste pryse.

Luister na hierdie onderhoude op RSG Landbou.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.