Zander Spammer, van Southern Oil is eerste aan die woord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor hoe kanola-aanplantings tans in Suid-Afrika se wintergraanstreke lyk.
Herman du Preez, 2022 se Agri NW Jongboerwenner van die Lichtenburg-omgewing, brei uit oor sy boerdery.
Francois Knowles van die Landbouprodukte-agenteraad (APAC) verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat biosekuriteitsreëls vir lewendehawe-agente behels.
Daar is verskeie faktore wat die gehalte van lusern bepaal. RSG Landbou se streeksverteenwoordiger in die Oos-Kaap, Carin Venter het Beyers Mallo van GWK uitgevra oor die ontledings en graderingproses daarvan.
Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, gesels op RSG Landbou oor wat lesers te wagte kan wees in die Junie-uitgawe van Stockfarm, wat nou op die rakke beskikbaar is. Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
Luister hier na vorige uitsendings.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.