RSG Landbou: 1 Julie 2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou vind ons meer uit oor die lang-verwagte beheermaatreëls vir die bestuur van bek-en-klouseer, die impak van verhoogde koolstofdioksiedvlakke op weiding en ons ontvang die nuutste internasionale landbounuus.

Lang-verwagte beheermaatreëls vir die bestuur van bek-en-klouseer

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het op 24 Junie die lang-verwagte beheermaatreëls vir die bestuur van bek-en-klouseer ingevolge Artikel 9 van die Wet op Dieresiektes, afgekondig. Maar wat is die implikasies daarvan vir die landbousektor en veral ons beesvleisprodusente? Kobus Bester van die SA Stoettelersfederasie verduidelik.

Impak van verhoogde koolstofdioksiedvlakke op weiding

Die impak van verhoogde koolstofdioksiedvlakke op weiding is in talle streke van Suid-Afrika duidelik sigbaar. Dr Justin du Toit sal tydens die Weidingsvereniging van Suidelike Afrika se kongres wat einde Julie by Grabouw plaasvind, terugvoer gee oor die navorsing wat hy op die gebied gedoen het. Ons gesels met hom hieroor.

Internasionale landbounuus

Dan is Izak Hofmeyr aan die woord met die nuuste internasionale landbounuus.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die Noordweste en sy mense

Estimated reading time: 5 minutesDie Boesmanland en Namakwaland in die Noordwes-Kaap is klipharde wêreld...

The middle ground is the best course

Estimated reading time: 7 minutesPieter Meyer believes that the modern grain producer is precision-oriented,...

Voerkorrels versus los voer vir herkouers

Estimated reading time: 6 minutesVoerkoste is die grootste enkele kostekomponent in die meeste veeboerderye....

Hou kop bo water dié El Niño-seisoen: Planne vir jou vee se waterbehoeftes

Estimated reading time: 6 minutesProdusente moet waterbeskikbaarheid en -gehalte deeglik in hul droogte- en...