Tuesday, December 16, 2025
HomePodcastsRSG Landbou: 1 Julie 2025 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 1 Julie 2025 – geborg deur Plaas Media

In vanoggend se RSG Landbou gesels Lise Roberts weer met Pieter Botha as opvolg op gister, 30 Junie 2025, se gesprek oor die koolstofvergoedingsprojek. Lise gesels ook met dr Charlie Reinhardt oor indringerplante.

Koolstofvergoedingsprojek

In vanoggend se RSG Landbou sit ons ons gesprek voort met Pieter Botha van die Bedreigde Natuurlewetrust oor hul koolstofvergoedingsprojek. In dié aflewering verduidelik hy hoe die projek in praktyk op die plaas werk.

Indringerplante

Dan is die bekende onkruidnavorser, dr Charlie Reinhardt, ook aan die woord. Hy  beantwoord ‘n paar vrae oor indringerplante.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Chubby Chick skietvoorval – tweede direkteur sterf

Estimated reading time: 6 minutes Deon Fourie, mede-direkteur van Chubby Chick in Potchefstroom, is vanoggend (14 Desember) in 'n Gauteng-hospitaal oorlede. Die nuus is deur...