Friday, February 3, 2023

RSG Landbou: 1 Desember 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid is eerste aan die woord in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gee raad met betrekking tot kalfvoorbereiding vir voerkrale.

Maandag, 5 Desember, is Wêreld Gronddag en vanjaar se tema is: Waar kos begin. Volgens dr Piet Nell van die Landbounavorsingsraad gaan slaap bykans 930 miljoen mense saans honger. Hy kuier in die RSG Landbou-ateljee om hieroor te gesels.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories