RSG Landbou: 1 Augustus 2023 – geborg deur Plaas Media

62
RSG Landbou

Deel van ‘n goeie biosekuriteitsplan vir ‘n plaas is om siektes weg te hou, maar hoe gemaak wanneer siektes reeds binne die grense van ‘n plaas voorkom? Frans Hagg van Allied Nutrition gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor in Dinsdag se aflewering van die program.

Die doeltreffendheid van chemikalieë kan wel gemeet word – so sê Anton Bredell van Laeveld Agrochem. RSG Landbou het tydens Aartappels SA se navorsingsimposium meer gaan uitvind.

Daarna hoor ons ook hoe die Departement van Landbou in Noordwes in die toekoms van landbou belê. Dié aankondiging is onlangs by die Potchefstroom Landboukollege gemaak.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.