Monday, August 15, 2022

RSG Landbou: 1 Augustus 2022 – geborg deur Hydrotech

Grootskaalse veranderinge aan Suid-Afrika se omgewingswetgewing, is op 24 Junie deur die president goedgekeur. Maar hoe raak dit landbou? In Maandag se RSG Landbou-aanbieding verduidelik Janse Rabie van Agri SA wat hierdie veranderinge behels.

Daarna kuier ons in die Villiersdorp-omgewing by Amoré Viljoen. Sy is die bestuurder van die sagtevrugteplaas, Lakeview Farm, en sy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor haar loopbaan tot dusver.

Simeon Hurwitz maak ’n draai in die RSG Landbou-ateljee om ons meer te vertel oor die Hurwitz Farming-produksieveiling, wat eerskomende Saterdag naby Davel plaasvind.

Vir talle boere is veilings hul brood en botter. Ons hoor watter veilings en genetika die komende week aangebied word.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Who is Hygrotech?

Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories