Hortgro hou elke jaar ‘n sangkompetisie vir hulle lede se werknemers. In 25 Desember 2017 se aflewering van RSG Landbou hoor u die stem van vanjaar se wenner, Mbolelo Sekade. Daar is ook ‘n gesprek met Mariza Naudé, ‘n boervrou uit die Bedford-omgewing.  Sy gesels onder andere oor die Bedford Tuinfees.  Die garingboom het besonderse eienskappe. Daar is ‘n lekker gesprek met Tim Murray van die plaas Roode Bloem en biochemikus Susan Davis oor dié unieke plant.  Die pekanneutbedryf het ongekende groei beleef.  André van Niekerk praat more oor die bedryf, die slaggate en die moontlikhede. Jannie de Villiers van Graan SA lewer ook ‘n mooi kersboodskap aan alle RSG Landbou luisteraars. Luister nou na al die gesprekke.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY