Monday, October 3, 2022
HomeAgri NewsProgram vir Nampo Kaap/Programme for Nampo Cape

Program vir Nampo Kaap/Programme for Nampo Cape

-

Estimated reading time: 2 minutes

Nampo Kaap beloof om vanjaar n贸g groter en beter as die laaste aanbieding in 2019 te wees. Uitstallings van die nuutste werktuie en jongste tegnologie vir graan-, vee-, vrugte- groente- en wingerdprodusente, asook ander rolspelers in die landboubedryf, sal hiervoor sorg.

Nampo Kaap vind van 14 tot 17 September op Bredasdorp Park, Bredasdorp plaas. Dit is die eerste keer dat die geleentheid oor vier dae aangebied word 茅n op 艍 Saterdag oop sal wees.

Kaartjies is al van die begin van Julie af teen R80 per volwassene en R40 per skoolgaande kind per dag aanlyn beskikbaar. Toegang vir kinders onder ses is gratis.

Wat besoekers te wagte kan wees

Besoekers kan na bykans 500 uitstallings, verskeie demonstrasies en besprekings van aktuele landbousake uitsien. Besoekers wat in die veebedryf belangstel sal die volgende geleenthede kan bywoon:

  • Die BKB Merino Classic, die Merino-ras se nasionale kampioenskappe (15 en 16 September).
  • Die Intensiewe Veeskool aangebied deur Plaas Media (13 September, voor die amptelike afskop van Nampo Kaap).
  • Die eindrondte van die Toyota SA Nasionale Jong Afslaerskompetisie, ook deur Plaas Media aangebied.
  • 艍 Uitstalling van 15 veerasse.
  • Wolskeerdemonstrasies in die Voermol-gebou.

Ander hoogtepunte is:

  • Die Overberg-streekjeugskou wat na afloop van die BKB Merino Classic in die BKB-veesentrum plaasvind.
  • 艍 Georganiseerde skoleprogram vir leerders met landbou as 艍 vak.
  • 艍 Volledige uitstalling van 艍 vertikale boerderystelsel in die Waterwise-sentrum.
  • Die Elim-veldblomskou, 艍 uitstalling van die blommeskat van die Unesco Kaapse Fynbos Bioom in die Shell-saal.
  • Nedbank se blommerangskikkingsprogram deur Marjolijn Malan.
  • 艍 Daaglikse perdevertoning met 艍 verskeidenheid formate en ruiters in die perde-arena.

Bespreek n贸煤 jou kaartjies en verblyf

Verblyfbesprekings moet vroegtydig gedoen word. Skakel die Kaap Agulhas Toerismekantoor by 028 424 2584 of 082 896 2225 en vra vir Tirzah Atkins, of besoek www.overberginfo.com vir verblyf naby of in Bredasdorp, Napier, Struisbaai, Waenhuiskrans en L鈥橝gulhas, Swellendam, Caledon, Stanford en Hermanus.

Vir inligting oor Nampo Kaap 2022 besoek www.expo.org.za. Skakel 028 050 1385 of 072 905 5111 of stuur 艍 epos aan admin@expo.org.za. Toegangskaartjies is by www.ticketpros.co.za beskikbaar.

Must Read

Water is te skaars om te mors: Spaar jy of vermors...

Estimated reading time: 6 minutes Elke druppel water tel. 鈥檔 Druppel per sekonde kan daagliks tot 20 liter water versamel. Spaar jy dit of...