Prof Frikkie Maré neem RPO-leisels oor

Estimated reading time: 2 minutes

Prof Frikkie Maré is pas as die nuwe hoofuitvoerende beampte van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) aangewys. Hy volg vir Gerhard Schutte op, wat in Junie vanjaar sy aftrede aangekondig het. Schutte het dié rol vir die afgelope 35 jaar beklee.

As hoofuitvoerende beampte het Schutte die uitdagings en geleenthede binne die rooivleisbedryf met vaardigheid hanteer. Hy was ‘n kampvegter vir die regte en belange van rooivleisprodusente en het na regverdige handelspraktyke, volhoubare boerderymetodes en verbeterde bedryfstandaarde gestreef.

Lees meer oor Schutte.

Prof Maré, ‘n landbou-ekonoom, is die afgelope 15 jaar betrokke by die Universiteit van die Vrystaat en dien tans as akademiese hoof van die Departement Landbou-ekonomie aan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Hy beskik oor wye kennis van die rooivleisbedryf, die waardeketting en die relevante strukture. Hy het ook die afgelope jare in sy rol by die universiteit as mentor vir menige studente en kollegas gedien. Hy is ook al etlike jare by Plaas Media op konsultasiebasis betrokke, en is ook die redakteur van Veeplaas.

Prof Maré meen hy is gerat om die talle uitdagings in die rooivleisbedryf met unieke benaderings en strategieë aan te pak. Hy sal met ingang van 1 Februarie 2024 in die pos dien. – Elmarie Helberg, Plaas Media


Vrystaat RPO beklemtoon biosekuriteit

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) Vrystaat se jaarlikse kongres het op 15 Junie in Bloemfontein plaasgevind met ’n fokus op naspeurbaarheid en biosekuriteit. Nico Buys, voorsitter van die RPO Vrystaat, het klem op die makro-faktore wat rooivleisproduksie beïnvloed, asook die invloed daarvan op vleispryse, gelê.

James Faber, voorsitter van die nasionale RPO, het gesels oor die RPO se Visie 2030 vir winsgewendheid. 

Lees meer hier:


RPO-kongres: Verskans jouself só teen El Niño

Dr Henno Havenga, ’n klimatoloog van Noordwes-Universiteit, het nie goeie nuus vir die produsente tydens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se Noord-Kaap-kongres in Kimberley gebring nie. Volgens sy berekenings en voorspellings kan die produsente in die volgende jaar weer ’n droogtejaar verwag. Hy sê die ergste is dat dit nie ‘n vlugtige verskynsel is nie. 

Lees meer hier:

RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam...

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en Kubota-trekkers

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is...

Strategies for managing seasonal infertility in pigs

Estimated reading time: 7 minutes The phenomenon of seasonal infertility among pigs is real,...

Avoid unilateral changes to the employment contract

Estimated reading time: 4 minutes The employment contract can be of immense value to...