Wildsop is ’n regte bederf wat die meeste mense nie gereeld genoeg geniet nie, veral nie in die stad nie. Dié sop is ’n goeie manier om die afvalstukkies wat oorbly nadat ’n bok opgesny is, te gebruik. Die wildsop word op die regte Plaaskos-manier bedien, met tuisgemaakte sopkluitjies. Die resep is aangepas uit “Boerespyse: Resepte en kospraatjies rondom die Anglo-Boereoorlog” onder redaksie van Elria Wessels.

Bestanddele:

Wildsop
1kg bene, skenkels en stukkies vleis van ’n wildsbok
500g beesskenkels of -nek, ontbeen en vleis in blokkies gesny
85g spek, in blokkies gesny
3,75 liter water
1 lourierblaar, 1 takkie tiemie, wonderpeperkorrels en 2 kruienaeltjies in ’n sakkie gebind (bouquet garni)
25ml botter
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en gekap
2 wortels, in ringetjies gesny
Sout en peper na smaak

Sopkluitjies
15ml botter
250ml kookwater
2 koppies meelblom
2 eiers

Metode:
1. Braai spek oor ’n lae hitte. Voeg die wildsvleis, beesvleis en bene by, en braai in die vet tot ligbruin. Voeg water by en kook aftreksel. Vroeg kruiesakkie by. Laat prut tot die vleis sag is.
2. Laat aftreksel afkoel en gooi deur ’n sif. Behou 1,5 liter en vries die res vir latere gebruik.
3. Smelt die botter en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die tamatie by en smoor tot sag. Voeg wortelaftreksel, sout en peper by, en kook tot die wortelringetjies sag is.
4. Terwyl die sop kook, berei die sopkluitjies voor deur 15ml botter in 250ml kokende water te smelt en dit met 2 koppies meelblom te meng. Voeg 2 eiers by nadat die mengsel afgekoel het. Die kluitjies kan met tiemie of neutmuskaat gegeur word.
5. Verdik die sop met ’n botter- en koekmeelblom-mengsel.
6. Rol deeg in klein balletjies en voeg by die gaar sop. Maak die kastrol dig toe en stoom kluitjies ongeveer 15 minute.

Klik hier vir nog lekker Plaaskos resepte.

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY