Baie vrugte is dié tyd van die jaar in seisoen. Maak hierdie lekker vrugtesosaties vir ’n vinnige nagereg wat in die somermaande gesellig buite geniet kan word. Enige vars vrugte wat in seisoen is, kan gebruik word. Ons het aarbeie, druiwe, pynappel, kiwi en nartjies gebruik.

Bedien: 10-15

Bestanddele:farmfare

1 pynappel

5 kiwis

1 houer aarbeie

1 houer druiwe

4 nartjies

1 klein houertjie Griekse jogurt

2 eetlepels heuning

Metode:

  1. Sny alle vrugte, behalwe die druiwe en nartjies, in blokkies wat maklik sal wees om te eet.
  2. Haal die druiwe van hul trosse af. Skil en haal nartjieskywe uit mekaar.
  3. Sit vrugte op sosatiestokkies. Sit eenkant.
  4. Meng jogurt en heuning totdat dit ’n lekker stroperige sousie vorm.
  5. Gooi jogurtsous oor die vrugtesosaties en bedien. – Ursula Human, Plaaskos

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY