Plaaskos: Botterskorsie-soutkaaskoek

0
121

Bedien 12 mense

Die Plaaskos-span is onlangs uitgedaag om kaaskoeke op die vuur voor te berei. Hierdie botterskorsie-soutkaaskoek was een van die heerlike resepte wat uitgekom het. Soutkaaskoek is al ’n geruime tyd baie gewild onder kos-foendies en is soortgelyk aan ’n romeriger weergawe van ’n souttert. Probeer dit self en toets jou braaivermoë met die onderstaande resep. Loer ook na die ander resepte wat ons op die vuur gemaak het deur op die naam te kliek: Baklava Cheesecake, Salted Caramel Individual Cheesecakes, Sweet Chilli Savoury Cheesecake.

Bestanddele

Kors:

170g volgraan-soutbeskuitjies

150g botter, gesmelt

5ml fyn komyn, gerooster

100g sesamesade

Kaaskoek:

250g ricotta-kaas, kamertemperatuur

500g roomkaas, kamertemperatuur

3 ekstragroot eiers

5ml seesout

2,5ml swartpeper

1 knoffelhuisie, gerooster

500ml gekookte botterskorsie, fyngemaak

30ml sprietuie (chives), fyngekap

100g geroosterde pampoensade

1 pakkie soutbeskuitjies

Toerusting

Vuurbestande pot

Vuurbestande pan

Losboompan (20-22cm)

Foelie

Weber-braaier

Metode

  1. Maak kole om die pampoen sag te kook. Maak ’n vuurbestande pot vol met kookwater en kook tot sag met deksel op.
  2. Draai hele knoffelhuisie in foelie toe en sit direk in kole om tot sag te rooster.
  3. Steek nog kole aan vir die Weber-braaier, 20 kole per kant.
  4. Sodra die kole reg is, rooster komyn en sesamesade in ’n vuurbestande pan in die Weber. Sodra jy die heerlike geur van die speserye in die lug ruik, is dit reg.
  5. Meng bestanddele vir die kors saam en druk vas in ’n losboompan. Bak in Weber met deksel op vir 25 minute.
  6. Slaan beskuitjies fyn in ’n sakkie. Meng met oorblywende bestanddele en druk in gesmeerde losboompan. Sit eenkant.
  7. Meng ricotta-en roomkaas met ’n elektriese klitser. Voeg eiers, pampoenpuree, sprietuie, sout en peper by. Meng goed.
  8. Gooi mengsel in pan met kors en bak vir 40 minute in Weber met deksel op. Voeg dan nog kole by en bak ’n verdere 25 minute tot goudbruin en bros.
  9. Haal die kaaskoek versigtig uit die pan en laat afkoel.

  • Terwyl dit afkoel, rooster pampoensade liggies oor kole in ’n pan. Rooster daarna ’n takkie kersietamaties en laat beide afkoel. Wanneer alles afgekoel is, garneer kaaskoek met pampoensade en kersietamaties.
  • Bedien saam met die oorblywende soutbeskuitjies en ’n smeerkaas vir ’n voorgereg of saam met ’n kaasbord. –Ursula Human, Plaaskos

 Plaaskos

NO COMMENTS

LEAVE A REPLY