Estimated reading time: 2 minutes
Plaas Media se gedrukte tydskrifte, Veeplaas en Stockfarm, het weereens uitstekend presteer in die tweede kwartaal (April tot Junie) van 2022. Volgens die jongste syfers van die Ouditburo van Sirkulasie, oftewel ABC, het Veeplaas in hierdie tydperk ‘n 31% styging in sirkulasie getoon teenoor die vorige kwartaal. Veeplaas word as ’n verbruikerstydskrif geklassifiseer en was een van slegs ’n paar titels wat kwartaal-op-kwartaal groei getoon het.
Lees die artikel in Engels hier.
In die besigheid-tot-besigheid kategorie was Stockfarm een van slegs twee tydskrifte wat noemenswaardige groei getoon het, met ’n styging van 16,1% kwartaal-op-kwartaal. Hoewel hierdie kategorie grotendeels uit gratis tydskrifte bestaan, is slegs ongeveer ’n derde van Stockfarm se verspreiding gratis, terwyl twee-derdes uit verkope en betaalde subskripsies opgemaak word.
Lees meer oor die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur projek-wenner hier.
“Hierdie is baie bemoedigende syfers in ’n tyd waarin talle tydskriftitels hulle na digitale formate wend,” sê Lynette Louw, hoof uitvoerende bestuurder van Plaas Media. “Hoewel beide Veeplaas en Stockfarm ook in digitale formaat beskikbaar is, vind ons dat die landbougemeenskap steeds baie groot waarde heg aan ’n gedrukte tydskrif van goeie gehalte. Ons glansblaaie en goeie afwerking reflekteer nie net die gehalte van die tydskrifte se inhoud nie, maar spreek boekdele oor die verhouding wat ons met ons lesers handhaaf, naamlik een van respek, asook die vlak en integriteit van ons adverteerders. Ons hoop om ons gedrukte titels verder uit te bou en ondersteun dit deurentyd met ander digitale produkte op YouTube (Plaas TV) asook ons radioprogram en ’n baie sterk sosiale media-teenwoordigheid. Uiteindelik kan geen gehoor op net een platform bedien word nie en maak ons voorsiening vir ’n vol mandjie van produkte wat in almal se behoeftes voorsien.”
Lees gerus ’n volledige berig oor die jongste ABC-syfers op Bizcommunity: Magazines ABC Q2 2022: Free and digital magazines the heroes (bizcommunity.com)