Monday, March 20, 2023

Peritum hou suksesvolle opedag

Estimated reading time: 2 minutes

Peritum Agri Institute is die eerste instansie in Suid-Afrika wat nasionale diplomas in diere- en plantproduksie deeltyds aanbied en hierdie kwalifikasies se tiende bestaansjaar word vanjaar gevier.

Die instansie het onlangs sy opedag in Bloemfontein gehou en meer as 90 nuwe studente het vir 2023 ingeskryf. Peritum is baie toegewyd aan sy studente en die opedag het dit weerspieël. Die verrigtinge het met ʼn vriendelike verwelkoming van Ernest Beck, direkteur van Peritum, afgeskop. Tydens sy toespraak het hy na Peritum as een groot ‘familie’ verwys en het hy genoem dat hy uitsien na nuwe studente wat deel kan raak van die familie.

Peritum se samewerkende vennote was ook betrokke by die opedag. Hierdie vennote sluit Aeres Universiteit van Toegepaste Wetenskap in Nederland, Senwes Equipment, die Rooivleis Produsente Organisasie en John Deere in.

Gerhardt Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleis Produsente Organisasie, het die studente oor die rol van die organisasie in die veebedryf asook hulle samewerking met Peritum toegespreek. Lafras Cronje van John Deere Afrika en Midde Ooste het die studente oor die nuutste tegnologie wat tans in die bedryf gebruik word asook die nuutste ooreenkoms tussen John Deere en Peritum vir 2023 ingelig.

John Deere verskaf ook borge aan Peritum se top studente. Hierdie borgskappe word aan top studente gegee om hulle te help om verhoudinge te bou asook om die bedryf te verken. Peritum is positief oor die toekoms en is tevrede met die afloop van hulle opedag. – Danie Naudé, Universiteit van die Vrystaat


SA’s first online animal health academy launched

A new virtual animal health academy was recently launched at the Misty Hills Country Hotel, Conference Centre and Spa in Muldersdrift by MSD Animal Health and the International Agricultural Academy for Africa (i3a).

Must read

RSG Landbou, Plaas TV, wortelontwikkeling

RSG Landbou: 20 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Herlewingslandbou word voorgehou as die praktyk om boerdery volhoubaar te maak, maar wat gebeur na die oorgang na herlewingslandbou? Is die boerdery onmiddellik meer volhoubaar en winsgewend? Nic van Schalkwyk van Restore Africa Funds...

Hou jou windpomp aan die draai

Estimated reading time: 3 minutes Daar is baie maniere om water uit die grond te kry, maar die tradisionele windpomp bly die maklikste en goedkoopste metode. 'n Windpomp moet ten minste twee keer per...

RPO Noord-Kaap bied suksesvolle roetevergaderings aan

Estimated reading time: 5 minutes Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Noord-Kaap het ‘n paar jaar gelede begin om jaarliks ‘n roetevergadering aan te bied en verskeie gebiede in die provinsie te besoek. Die dag...

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 0 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse is nie, maar wel plaashekpryse wat BTW uitsluit. Get the...

Biosekuriteit op die plaas (Deel 5): Die verkopersverklaring: Die beste instrument vir veeprodusente

Estimated reading time: 6 minutes Ons kan ’n groot verskil maak aan die verspreiding van siektes deur die gebruik van ’n verkopersverklaring aan te moedig. Dit is nou maar wors dat daar ’n hele aantal...